|

Aesthetic Dentistry
One of the first things people notice is your smile. If chipped, stained, or crooked teeth are "hiding" the real you, it's time for a smile make over.
A beautiful smile can brighten your life every day, professionally and socially. And unlike plastic surgery, cosmetic dentistry isn't a major operation. Imagine coming in for a single appointment or two and emerging with the smile you've always wanted...no pain, no strain, no time taken away from your busy life. The results are immediate and dramatic. Come in for a consultation. There are many ways we can give you a youthful, attractive, natural looking smile!
Estetiese Tandheelkunde
Is jy ook een wat huiwer om in die openbaar te glimlag, of wat jou mond met jou hand bedek wanneer jy wél glimlag? Dalk was jy in 'n ongeluk, het funksionele probleme met jou tande, of dalk wou jy nog net altyd 'n mooier glimlag gehad het.
Dit is dan hoog tyd dat 'n Estetiese Tandarts na jou klagtes luister, en jou help om 'n mooier glimlag vir die wêreld te wys!
Dr Ilona Visser het 'n span-benadering tot Estetiese Tandheelkunde wat van die beste spesialiste in die Kaapstad-area insluit. In gevorderde gevalle, waar die gespesialiseerde kennis van hierdie professies benodig word, koördineer en beheer Dr Visser die span wat periodontiste, ortodontiste, kaak-en mondchirurge, onkoloë en mediese dokters kan insluit.
Wat kan jy dus van ons verwag? 'n Volledige ondersoek, kartering en diagnose. 'n Behandelingsplan wat aan jou spesifieke behoeftes sal voldoen (jou eie "padkaart" na 'n mooier glimlag!). 'n Span hoogs gekwalifiseerde professionele mense wat na jou behoeftes sal omsien. Personeel wat jou gemak en veiligheid ter harte neem.
Estetiese Dienste wat aangebied word sluit in: Gebruik van binding van wit stopsels (komposiete) Wetenskaplik gebaseerde analise van jou glimlag Bleiking van tande. Porselein venere en krone. Selektiewe slyping van tande. Inplantate vir die permanente vervanging van afwesige tande. Kunsgebitte volgens die jongste tegnieke vervaardig. Behandeling van periodontitis. Behandeling van skewe tande met draadjieloses ortodonsie binne 6-9 maande. Die voorkoming van slytasie van tande weens Bruksering.
Gaan kyk gerus op ons foto album na ons "Voor" en "Na" foto's!
|